Wiki

Saamwerk.Joburg_4.png

Wiki

My profiel

Wys alles Verklein alles
  • Hoe om my profiel te voltooi of te verander

    1. Klik op “Inteken” regs bo op die tuisblad.
    Teken in met jou gebruikersnaam en wagwoord.

    2. Klik op die “Gemeenskap en Gebeure” menu item.

    My foto
    3. Plaas jou muis oor “Profiel” en kies “verander my profiel foto”.
    Klik op “kies prent..”, soek ‘n foto reeds op jou rekenaar en laai dit op.

    My inligting
    4. Plaas jou muis oor “Profiel” en kies “Wysig Profiel”.
    Voltooi jou inligting soos aangedui, kies wie dit kan sien en klik op “save”.

    Wie my profiel kan sien
    5. Plaas jou muis oor “Profiel” en kies “Privaatheid”.
    Onder “Privaatheid Instellings”, kies wie jou inligting kan sien en klik op “save”.
    Onder “Epos & Boodskappe”, kies watter boodskappe jy wil ontvang en klik op “save”.

    My vriende
    6. Plaas jou muis oor “Lede” en kies “Alle Lede”.
    Gaan deur die lys van lede of gebruik die soektog om jou vriende te vind.
    Kies “voeg as vriend by” om lede met jou profiel te koppel.
    Besigtig jou vriende deur na die “Vriende” menu item te gaan.

    My groepe
    7. Plaas jou muis oor “Groepe” en gaan deur die verskillende kategorieë om by ‘n groep betrokke te raak.6. Plaas jou muis oor “Lede” en kies “Alle Lede”.
    Jy kan ook jou eie groep skep, bv. nutsmanne/vrouens, om eiesinnige mense te betrek.

    My media
    8. Plaas jou muis oor “Fotos” en/of “Videos” om fotos/videos met die gemeenskap te deel, bv. van ‘n vorige projek of diens.
    Gesamentlik met jou profiel status kan jy die gemeenskap op datum hou.

    My byeenkomste
    9. Plaas jou muis oor “Gebeure” om ‘n nuwe byeenkomste/geleenthede te plaas.
    Klik op “skep byeenkoms”, voltooi die nodige inligting en klik op “skep byeenkoms”.
    Nadat die byeenkoms geskep is kan jy ‘n foto oplaai om dit te bemark.

    Besoeke  4


Ons Borge (W1)

Ondersteun ons borge (W2)

Publiseer plasings in 'n japtrap

 

1

Klik op “Inteken” regs bo op die tuisblad, registreer en voltooi jou besonderhede. Ons sal ‘n epos aan jou stuur om jou profiel te bevestig. Volg die hiperskakel om die registrasie te voltooi en teken in!

2

Nadat jy ingeteken het is die volgende stap om jou profiel te voltooi. Gaan na die “Gemeenskap en Gebeure” menu item om jou profiel op te dateer. Nou is jy gereed om projekte of byeenkomste te soek of skep.

3

Keer terug na die tuisblad en kies een van die vele kategorieë. Soek waarna jy verlang of skep ‘n plasing deur op “+Voeg nuwe Plasing hier in” te klik. Voltooi die nodige besonderhede en handig jou plasing in. Voila!
 



Meer oor ons

Saamwerk.Joburg is ‘n Afrikaanse Kerk- en Dienstegids wat jou help om by gemeenskapsprojekte- en dienste betrokke te raak asook jou eie te bemark.

Neem kennis dat ons slegs dienste en projekte ter bevordering van die gemeenskap toelaat. Ander dienste is welkom om betaalde advertensies te plaas.

Facebook QRC

Like My Facebook Saamwerk.Joburg