Wiki

Saamwerk.Joburg_4.png

Wiki

Bepalings en voorwaardes

Wys alles Verklein alles
  • Verontskuldiging en Kopiereg

    Enige verwysing na Saamwerk.Joburg hierna veronderstel ook die webbestuurder en/of eienaar(s) van Saamwerk.Joburg.
     
    Neem kennis dat alle webgebruikers enige (persoonlik en inhoudelike) besonderhede vrywillig en op eie risiko aan Saamwerk.Joburg verskaf.
     
    Privaatheid
    Saamwerk.Joburg erken webgebruikers se reg op privaatheid en is verbind tot die beskerming daarvan. Geen persoonlike inligting wat met ons gedeel word sal opsetlik openbaar gemaak word nie, met uitsondering van die gemeenskap.
     
    Aanspreeklikheid
    Die gebruiker stem in dat Saamwerk.Joburg nie aanspreeklik gehou sal word vir die uitlek van persoonlike inligting nie, hetsy per ongeluk of weens die werk van kuberkrakers of programfoute nie.
     
    Saamwerk.Joburg aanvaar dat alle skakels wat aan die webwerf verskaf word met die goedkeuring kom van daardie spesifieke webwerf se eienaar/s. Saamwerk.Joburg kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies weens ongemagtigde skakeling nie.
     
    Skakeling
    Geen Internet-skakel mag na Saamwerk.Joburg lei sonder die skriftelike toestemming van die webbestuurder/eienaar van Saamwerk.Joburg nie.
     
    Kommunikasie
    Gebruikers mag van tyd tot tyd elektroniese nuusbriewe, boodskappe en/of navorsingsvraelyste van Saamwerk.Joburg ontvang.
     
    Inhoud
    Saamwerk.Joburg behou die reg om enige inhoud te redigeer of verwyder sonder enige kennisgewing.
    Hierdie inhoud mag alleen vir persoonlike en nie-kommersiële doeleindes afgetrek word. Die herpublisering of hergebruik van die inhoud sonder vooraf toestemming van Saamwerk.Joburg is streng verbode.

    Ter wille van volledigheid vergewis jouself ook met ons Terme en Voorwaardes.

    Besoeke  0
  • Terme en Voorwaardes

    Wanneer jy registreer op Saamwerk.Joburg gaan die webbestuurder en/of eienaar van die veronderstelling uit dat jy die voorwaardes hieronder verstaan en onderskryf:
    • Enige verwysing na Saamwerk.Joburg hierna veronderstel ook die webbestuurder en/of eienaar(s) van Saamwerk.Joburg.

    • Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webtuiste behoort aan eKaya Web Services.

    • Die kopiereg van enige bydraes geplaas op hierdie webtuiste behoort egter steeds aan die spesifieke outeur solank dit outentiek is. Die outeur verstaan egter dat materiaal op Saamwerk.Joburg gepubliseer, toeganklik is en waarskynlik in die openbaar gebruik gaan word deur Saamwerk.Joburg se gebruikers.

    • Die opinie van die outeurs op hierdie webtuiste is gevolglik sodanige outeur se eie opinie en reflekteer nie noodwendig die opinie van Saamwerk.Joburg nie.

    • Enige gebruiker van inligting op Saamwerk.Joburg word versoek om die nodige erkenning aan outeurs te gee in hul hergebruik van sodanige materiaal of dan aan Saamwerk.Joburg.

    • Saamwerk.Joburg kan ongelukkig nie waarborg dat hierdie diens nie onderbreek sal word en sonder foute sal wees nie. Gebruikers van hierdie webtuiste doen so op hulle eie risiko.

    • Saamwerk.Joburg neem geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige direkte of indirekte verlies of skade wat sodanige outeur mag lei as gevolg van die feit dat sodanige outeur se werk/informasie op die webtuiste van Saamwerk.Joburg gepubliseer is nie.

    • Saamwerk.Joburg sal die items van outeurs publiseer op eie diskresie, en word nie die agent van enige sodanige outeur nie, en word gevolglik ook nie die eienaar van die outeur se plasing nie.

    • Enige outeur/gebruiker wat werk publiseer op die webtuiste van Saamwerk.Joburg gee toestemming aan die Saamwerk.Joburg om gebruik te maak van sodanige materiaal op diskresie van Saamwerk.Joburg, welke insluit die verdere publisering van werk vir doeleindes van die bevordering van sodanige werk tot krediet van die outeur/gebruiker.

    • Saamwerk.Joburg sal nie sodanige materiaal gebruik in herverkope of vir welke rede ook al as hulle eie materiaal nie en sal te alle tye erkenning gee aan die outeur/gebruiker van die gemelde werk indien sodanige werk hergebruik sou word.

    • Geen persoon sal geregtig wees op enige vergoeding vir die publisering van enige werk op die webtuiste of enige ander media deur Saamwerk.Joburg nieteenstaande die feit dat sodanige werk aangewend is vir finansiële gewin van Saamwerk.Joburg.

    • Sou enige outeur versoek dat die materiaal deur haar/hom op die webwerf gepubliseer, onttrek word, moet sodanige versoek skriftelik (epos) aan Saamwerk.Joburg gerig word.

    • Die besluit van Saamwerk.Joburg met betrekking tot die publisering van werk of nie van enige materiaal is finaal.

    • Deur die publikasie van materiaal deur ‘n outeur/gebruiker op hierdie webwerf bind die outeur/gebruiker van sodanige werk hom-/haarself outomaties tot die terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms.

    • Alles moontlik word gedoen om te verseker dat geen inhoud inbraak maak op die eiendomsreg van ´n ander party nie. Inhoud wat as eiendom van ´n derde party geidentifiseer word sal onmiddelik verwyder word en Saamwerk.Joburg sal waar nodig alles moontlik doen om te help met die opsporing en vervolging van diegene wat die inhoud sonder toestemming verskaf het. Saamwerk.Joburg sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of skade weens die plasing van sulke inhoud nie.

    • Saamwerk.Joburg behou die reg voor om die naam van enige verskaffer van inhoud te publiseer.

    • Die bogemelde terme en voorwaardes kan van tyd tot tyd gewysig word deur Saamwerk.Joburg, en is dit die verantwoordelikheid van enige persoon wat van hierdie webwerf gebruik maak om hom-/haarself van die terme en voorwaardes soos van tyd tot tyd aangepas, te vergewis.

    Ter wille van volledigheid vergewis jouself ook met ons Verontskuldiging en Kopiereg.

    Besoeke  4


Ons Borge (W1)

Ondersteun ons borge (W2)

Publiseer plasings in 'n japtrap

 

1

Klik op “Inteken” regs bo op die tuisblad, registreer en voltooi jou besonderhede. Ons sal ‘n epos aan jou stuur om jou profiel te bevestig. Volg die hiperskakel om die registrasie te voltooi en teken in!

2

Nadat jy ingeteken het is die volgende stap om jou profiel te voltooi. Gaan na die “Gemeenskap en Gebeure” menu item om jou profiel op te dateer. Nou is jy gereed om projekte of byeenkomste te soek of skep.

3

Keer terug na die tuisblad en kies een van die vele kategorieë. Soek waarna jy verlang of skep ‘n plasing deur op “+Voeg nuwe Plasing hier in” te klik. Voltooi die nodige besonderhede en handig jou plasing in. Voila!
 



Meer oor ons

Saamwerk.Joburg is ‘n Afrikaanse Kerk- en Dienstegids wat jou help om by gemeenskapsprojekte- en dienste betrokke te raak asook jou eie te bemark.

Neem kennis dat ons slegs dienste en projekte ter bevordering van die gemeenskap toelaat. Ander dienste is welkom om betaalde advertensies te plaas.

Facebook QRC

Like My Facebook Saamwerk.Joburg