Wiki

Saamwerk.Joburg_4.png

Wiki

Gratis plasings

Wys alles Verklein alles
  • Wie mag items plaas?

    Die doel met Saamwerk.Joburg is om die gemeenskap te verenig, daarom is registrasie verniet. ‘n Kerk, organisasie of individu wat tot die instansie of projek bydra is welkom om hul gratis dienste en byeenkomste te plaas. Neem asb. kennis dat Saamwerk.Joburg die reg voorbehou om enige plasings wat nie aan hierdie doeleindes voldoen nie te verwyder.

    Besoeke  3
  • Hoe om my gemeente op die gids te plaas

    1. Teken in en gaan na die Tuisblad.
    2. Kies die kategorie “Gemeentes”.
    3. Kies jou kerkverband. Indien dit nie gelys is nie stel jou kerkverband voor as 'n nuwe kategorie.
    4. Klik op “+Voeg nuwe Plasing hier in” en voltooi die nodige inligting.

    Onthou om te kies waar op die kaart jou gemeente geleë is
    5. Jy is nou besig om die vorm te voltooi. Om die area te kies, klik op die "Change category" skakel net regs van die klein opskrif "Kategorie".
    Nou klik jy twee maal op "back", waarna jy die kategorie "Woonareas" onder aan die lys kies.
    Kies die korrekte area vir jou gemeente, bv. Johannesburg en dan Ridgeway (vir Kroonrand-gemeente). Die lys is hoofsaaklik alfabeties, maar indien jy nie die korrekte area kry nie, is dit moontlik onder aan die lys.
    6. Nadat jy jou area gekies het, klik op die "Also appear in this category" blokkie.
    7. Voltooi nou die vorm verder in tot jy by die "Kaart" opskrif kom. Hier maak jy seker dat jou projek of diens op die kaart wys deur op die "Locate in map" blokkie te klik. Neem kennis dat hierdie stap slegs werk indien jy reeds die adres waar die projek of diens plaasvind voltooi het.

    Onthou dat jy ook foto's of videos kan plaas
    8. Onderaan die "Images" opskrif, klik op die "Add an image" skakel en daarna op "Choose files" op die foto op te laai.
    9. Klik op “Submit” om jou vorm in te handig.
    Jy sal 'n epos van ons ontvang sodra goedkeuring verleen is en die item publiseer is.

    Besoeke  1
  • Hoe om my projek of diens te plaas

    1. Teken in en gaan na die Tuisblad.
    2. Kies die kategorie soos van toepassing, bv. gemeenskapsprojekte.
    3. Kies ‘n subkategorie indien van toepassing, bv. voedingskemas.
    4. Klik op “+Voeg nuwe Plasing hier in” en voltooi die nodige inligting.

    Onthou om te kies waar op die kaart die projek of diens plaasvind
    5. Jy is nou besig om die vorm te voltooi. Om jou woonarea te kies, klik op die "Change category" skakel net regs van die klein opskrif "Kategorie".
    Nou klik jy twee maal op "back", waarna jy die kategorie "Woonareas" onder aan die lys kies.
    Kies die area van jou projek of diens, bv. Johannesburg en dan Ridgeway. Die lys is hoofsaaklik alfabeties, maar indien jy nie jou woonarea kry nie, is dit moontlik onder aan die lys.
    6. Nadat jy jou woonarea gekies het, klik op die "Also appear in this category" blokkie.

    7. Voltooi nou die vorm verder in tot jy by die "Kaart" opskrif kom. Hier maak jy seker dat jou projek of diens op die kaart wys deur op die "Locate in map" blokkie te klik. Neem kennis dat hierdie stap slegs werk indien jy reeds die adres waar die projek of diens plaasvind voltooi het.

    Onthou dat jy ook foto's of videos kan plaas
    8. Onderaan die "Images" opskrif, klik op die "Add an image" skakel en daarna op "Choose files" op die foto op te laai.
    9. Klik op “Submit” of jou vorm in te handig.
    Jy sal 'n epos van ons ontvang sodra goedkeuring verleen is en die item publiseer is.

    Besoeke  2
  • Hoe om ‘n byeenkoms te plaas

    1. Teken in en gaan na die “Gemeenskap en Gebeure” menu item.
    2. Klik op “Gebeure” en kies “Skep Byeenkoms”.
    3. Voltooi die nodige inligting en handig dit in.
    Jy sal 'n epos van ons ontvang sodra goedkeuring verleen is en die item publiseer is.
    Nou kan ander lede jou laat weet indien hul jou byeenkoms wil bywoon.

    Maak jou byeenkoms aantreklik
    • Verander die byeenkoms se banier deur op die sirkel logo regs bo aan die prent te klik. Kies “Modify Cover” en plaas jou gekose prent.
    • Indien jy die byeenkoms wil wysig, gaan weer na die sirkel logo regs bo aan die prent en kies “Edit Settings”.
    • Jy kan ook die byeenkoms kanselleer deur op dieselfde sirkel logo te klik en te kies “Delete Event”.

    Besoeke  1


Ons Borge (W1)

Ondersteun ons borge (W2)

Publiseer plasings in 'n japtrap

 

1

Klik op “Inteken” regs bo op die tuisblad, registreer en voltooi jou besonderhede. Ons sal ‘n epos aan jou stuur om jou profiel te bevestig. Volg die hiperskakel om die registrasie te voltooi en teken in!

2

Nadat jy ingeteken het is die volgende stap om jou profiel te voltooi. Gaan na die “Gemeenskap en Gebeure” menu item om jou profiel op te dateer. Nou is jy gereed om projekte of byeenkomste te soek of skep.

3

Keer terug na die tuisblad en kies een van die vele kategorieë. Soek waarna jy verlang of skep ‘n plasing deur op “+Voeg nuwe Plasing hier in” te klik. Voltooi die nodige besonderhede en handig jou plasing in. Voila!
 



Meer oor ons

Saamwerk.Joburg is ‘n Afrikaanse Kerk- en Dienstegids wat jou help om by gemeenskapsprojekte- en dienste betrokke te raak asook jou eie te bemark.

Neem kennis dat ons slegs dienste en projekte ter bevordering van die gemeenskap toelaat. Ander dienste is welkom om betaalde advertensies te plaas.

Facebook QRC

Like My Facebook Saamwerk.Joburg